CVO Bethlehem se leerlinge het hulle weer goed laat geld tydens die afgelope BCVO Winterspele wat hierdie jaar te Lichtenburg CVO plaas gevind het.

Die volgende leerlinge van Bethlehem CVO Skool is gekies vir die BCVO Nasionale span:

Colette Olivier, Nico Hefer en Dirk Botha

v.l.n.r: Colette Olivier o/13 Netbal, Nico Hefer o/19 Rugby en Dirk Botha o/19 Rugby

BCVO Sport Logo tydens Bokkieweek

Vir die eerste keer in die geskiedenis gaan hierdie nasionale spanne van die BCVO as unie deelneem aan die Bokkieweek wat in Kroonstad aangebied gaan word.  Ons glo dat hierdie leerlinge en hulle spanmaats die CVO en BCVO name trots sal vertoon en verder vir die hele Suid-Afrika sal wys dat ons nie terug staan vir enige iets of iemand nie. Kinders ons is opreg trots op julle.